)

Hoërskool Strand verwelkom nuwe Adjunkhoof

Hoërskool Strand het vanaf 1 April vir Mnr Marais Pelser verwelkom as hul nuwe Adjunkhoof vir Sport, Geboue en Terrein.

Hy het sy onderwysloopbaan in 1998 by Hoërskool President begin en in 2002 verhuis na Mosselbaai. By Hoërskool Punt in Mosselbaai het hy gevorder tot Departementshoof in beheer van IGO, Sport, en Geboue en Terrein. Hier het hy passievol IGO, Tegnologie en ook Siviele Tegnologie aangebied. Hy dien ook die laaste aantal jare op die Departement van Onderwys se skolespan vir Kurrikulumontwikkeling vir Siviele Tegnologie.

Op sportgebied rig hy vir 15 jaar Hoërskool Punt se Eerste Rugbyspan af. Hy was die afrigter van die SWD-Akademie asook die SWD-Sewesspan in 2018. Hy dien op die SWD-Skolerugbybestuur, en tree die laaste sewe jaar as SWD Rugbykeurder op.

Sy vrou, Lucette, begin op 1 Mei by Hoërskool Strand as Engels Eerste Addisionele Taal onderwyseres en sy twee kinders, Dante (gr. 7) en Juliette (gr. 4), by Laerskool Lochnerhof.

Baie welkom by die Arendfamilie!

#ArendTrots

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal