Foto: U-Vandé Nortje en die EHS-netbaldogters besig met die kursus
Hoërskool Ermelo het van 29 tot 31 Maart ‘n netbalkursus bygewoon wat aangebied is deur oud-Errie, U-Vandé Nortje.
U-Vandé het in 2017 gematrikuleer aan die EHS en was tóé al ‘n uitnemende eerstespanspeler. Sy studeer tans aan die Universiteit van Noordwes, Potchefstroom-kampus, en is ingesluit in die o/21-PUKKE span. Sy spog alreeds met ‘n paar afrigtingskursusse agter haar naam.
Die nuwe tegnieke en vaardighede wat sy as jong geesdriftige speler met die Erries kom deel het, sal beslis met ywer toegepas word.
Foto’s verskaf