Foto voor vlnr: Juf. Chanmari Erasmu, mnr. Stefan Buys, Carien James, Alta Roodt en Anri du Plessis
Middel vlnr: Adéle Dempers, Deirdré Cloete, Dorothy Coetzee, Coreen Tubb, Elandré Rheeder en Wilmie Vosloo
Agter vlnr: Piet Moolman, Johanette Jacobs, Lucia Theron, Christine Hugo en Renette van der Walt
Afwesig: Evette Riley en Naretha Swanepoel
Die skoolhoof van Oranje, mev Anne-Marie Klink, was ’n bedrywige mens op die Motheo-distrik se Well Done-funksie.
Sy moes vir 15 vakke na die verhoog gaan om ’n trofee of sertifikaat in ontvangs te neem waarin Oranje onder die top 3 in die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in die distrik geëindig het. Dit is vir skole waar 10 of meer leerders die vak geneem het (Musiek is die uitsondering met min skole, waaronder OMS, wat 10 of meer leerders in dié vak gehad het).
OMS het in nege vakke ’n 1ste plek behaal, in vier vakke ’n 2de plek en in twee vakke ’n 3de plek. Die eerste plekke se matriek-vakonderwysers is as volg:
Juf. Chanmari Erasmus (Drama, namens Retha Pool), mnr. Stefan Buys, Carien James, Alta Roodt (almal Wiskunde), Anri du Plessis (Kuns), Adéle Dempers, Deirdré Cloete (albei Engels 1ste Addisionele Taal), Dorothy Coetzee (Engels Huistaal), Coreen Tubb (RTT), Elandré Rheeder (LO), Wilmie Vosloo (Duits), Piet Moolman (Musiek, namens Anelize Armer), Johanette Jacobs, Lucia Theron, Christine Hugo en Renette van der Walt (almal Afrikaans Huistaal), Evette Riley (LO) en Naretha Swanepoel (Engels 1ste Addisionele Taal).
Foto verskaf