)

Hoërskool Aliwal-Noord onderwysers vereer by Joe Gqabi District Achievement Awards

ANHS spog met hul puik onnies!

Nie eers ‘n grendeltydperk kon die ANHS onnies stuit nie. By die jaarlikse Joe Gqabi District Achievement Awards seremonie is ‘n hele bakkievrag van ANHS se onnies vereer vir hul pratige uitslae tydens die Matriek-eindeksamen van 2020. Hoërskool Aliwal-Noord wens graag die volgende onderwysers geluk:

Me. Meyra Venter se matrieks behaal 100% slaagsyfers vir Afrikaans Huistaal, Me. Lise-Marie Kruger behaal 100% slaagsyfer vir Rekeninkunde en Mnr JF Bosch behaal 100% slaagsyfer vir Ingenieursgrafika en Ontwerp.

Me. Ilse Booysen  en Me. Sandra Watkins behaal elkeen 7 onderskeidings vir hul vak, Lewenswetenskappe. Mev. Ananda Visser en Mev. Naomi Liebenberg behaal elk 5 onderskeidings vir hul vak, Wiskunde Geletterdheid. Me. Rochelle Vorster behaal 8 vakonderskeidings vir English First Additional Language asook die meeste onderskeidings vir Engels FAL in die distrik!

ANHS verwerf die tweede plek in die Joe Gqabi Distrik met hul tweede hoogste Graad 12 slaagsyfer. ANHS word vereer met nog ‘n tweede plek posisie vir die tweede meeste Baccaulareus Graadstudie kandidate in die Joe Gqabi distrik.

Baie geluk, trotse Alies! My trop, my trots!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal