Leozé Lottering, ‘n graad agt leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, is tans die nommer 1 spiesgooier in Suid-Afrika vir dogters 14 jaar.
Hierdie prestasie kom Leozé toe na afloop van die ASA byeenkoms wat op 6 Maart plaasgevind het in Sasolburg. Sy het ‘n afstand van 46.11m gegooi op die dag.
Baie geluk Leozé, Wittes is trots op jou!
Foto verskaf