)

Hoërskool Strand spog met hul eie Mej. Tiener WP-Ambassadeur

Michelmarie Engelbrecht (gr. 10) is ʼn jong dame wat wys dat geen mens ʼn verskoning het om nie jou drome te verwesenlik nie.

Sy het nie haar kroon verdien deur agteroor te sit en wag vir geluk om na haar toe te kom nie. Hierdie waardige wenner van die Mej. Junior Tiener Westelike Provinsie Ambassadeur-kroon vind haar geluk in diensbaarheid aan ander.

In 2020 het sy op eie inisiatief talle uitreike onderneem. Sy het gesorg dat elkeen van die 40 kinders in die Goeie Hoop Child Care and Youth Centre ʼn teddiebeer as troosmiddel, ontvang. Sen CIT Resthaven se inwoners is met ʼn soetdingetjie bederf en Sir Lowry’s Pass se inwoners met heerlike voedsame sop. Temperance Town se kinders is met toebroodjies en ʼn impromptu netbalwedstryd verras.

Michelmarie het duidelik gewys dat ware skoonheid nie op uiterlike vertoon berus nie, maar van binne kom. Hierdie beeldskone jong dame dien haar medemens met grasie, liefde en omgee.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal