Michelmarie Engelbrecht (gr. 10) is ʼn jong dame wat wys dat geen mens ʼn verskoning het om nie jou drome te verwesenlik nie.
Sy het nie haar kroon verdien deur agteroor te sit en wag vir geluk om na haar toe te kom nie. Hierdie waardige wenner van die Mej. Junior Tiener Westelike Provinsie Ambassadeur-kroon vind haar geluk in diensbaarheid aan ander.
In 2020 het sy op eie inisiatief talle uitreike onderneem. Sy het gesorg dat elkeen van die 40 kinders in die Goeie Hoop Child Care and Youth Centre ʼn teddiebeer as troosmiddel, ontvang. Sen CIT Resthaven se inwoners is met ʼn soetdingetjie bederf en Sir Lowry’s Pass se inwoners met heerlike voedsame sop. Temperance Town se kinders is met toebroodjies en ʼn impromptu netbalwedstryd verras.
Michelmarie het duidelik gewys dat ware skoonheid nie op uiterlike vertoon berus nie, maar van binne kom. Hierdie beeldskone jong dame dien haar medemens met grasie, liefde en omgee.
Foto’s verskaf