Hermanus Bruwer van Hoërskool Robertson, het op 6 Maart aan die eerste rondte van CSMX Enduro in McGregor deelgeneem. Hy ry met sy Yamaha 125 in die J1-hoërskoolklas. Hermanus het Saterdag algeheel vierde geëindig in sy klas.
Hermanus is tans in gr.9 en beoefen die sport nou reeds twee jaar lank.
Welgedaan, Hermanus.
Foto verskaf