Luchelle Oosthuizen (links) en Lize-Marié Davidson Sondagoggend voor hulle die Midmarmyl in KwaZulu-Natal aangedurf het.
Twee Bloemfonteinse tieners Luchelle Oosthuizen (Eunice High School, 22:12) en Lize-Marié Davidson (Hoër Meisieskool Oranje, 22:48), was uitgenooi om aan die Midmarmyl deel te neem. Hulle het hul albei baie goed van hulle taak gekwyt, en onderskeidelik 11de en 15de in die afdeling vroue 14 tot 30 jaar geëindig.
Hulle was twee van slegs 22 vroueswemmers (5 daarvan was 13 jaar en jonger) wat uitgenooi was weens die Covid-19-regulasies. Die uitgenooides was gegrond op verlede jaar se uitslae. Lize-Marié het toe 14de geëindig en Luchelle 16de.
Become a Sponsor








