)

Hoërskool Ermelo deel in Afrikaanse rolprent

Foto: ‘n Groot groep Erries en Errie-ouers saam met die regisseur, David Schröder

Die EHS is besonder bevoorreg om deel te wees van ‘n nuwe rolprent, “Mense van die Wind”. Die produksiemaatskappy, Azania Productions, het EHS in 2020 genader na aanleiding van die Erries se mooi terrein, geboue en fasiliteite.

Die skrywer en regisseur, David Schröder, het die film geskryf met die Ermelo-omgewing in gedagte.
Hoërskool Ermelo was Schröder se nommer een keuse om die hoërskool te wees wat ‘n groot gedeelte van die rolprent uitmaak.

Klaskamers, stoepe, kafeteria, sport-spankamer, ouditorium, sportvelde en koshuise van Hoërskool Ermelo is ondere ander gebruik vir die verfilming.

Die Errie-leerder en –ouers was met groot entoesiasme deel van die produksie as agtergrond-ekstra’s. Om betrokke te wees by die maak van die film was vir die Erries ‘n baie interessante leerskool – soveel aspekte van die filmbedryf en van wat agter die skerms gebeur, het die leerders se belangstelling geprikkel. Dit sluit in: videografie, beligting, grimering en uitrustings, stel- en kuns-ontwerp, klank- en video-redigering, regie, produksiebestuur, spesiale-effekte, kontinuïteit, om net ‘n paar te noem.

Foto: Regisseur, David Schröder, besig om vir Juan de Wet (akteur) en Erries GJ Swanepoel en Tiaan Grobler, leiding te gee voor die skiet van ‘n toneel

Groot name, soos Armand Aucamp, Diani Gernandt, Juan de Wet, Ramey Short, Greta Pietersen, Renier Basson, Nieke Lombard, Msuthu Mbobowana, Magda van Biljon en Erik Holm, is akteurs wat in die rolprent te sien sal wees.

Die storielyn handel oor ‘n bekende sanger van Pretoria wat as gevolg van verskeie verliese uit die stad vlug. Hy (Armand Aucamp) kom soek vrede op ‘n familieplaas buite Ermelo. Met die terugkeer na die platteland, loop hy ‘n vorige liefde van hom raak wat ‘n musiekonderwyser is by die hoërskool. Sal hy sy vrede vind op die platteland?

Mense van die Wind se verwagte vrystellingsdatum is in 2022.

Die Erries is besonder opgewonde om die eindproduk te sien en is dankbaar vir hierdie geleentheid wat die Erries te beurt geval het.

n Groep Erries wat deel is van ‘n toneel wat in die rolprent gaan verskyn

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal