)

Schools That Rock gesels met JC Nolan

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan JC Nolan, Hoofseun van HoĆ«rskool Hennenman.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit daarna om weer my vriende en medeskoliere te sien. Ek is ook opgewonde om te weet dat dit my finale skooljaar is en ek gaan dus alles in my vermoĆ« doen om 2021 ā€˜n hoogtepuntjaar te maak!  

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Tans dink ek nie daar is enige aanpassings wat ek sou maak nie. Indien daar egter veranderinge gemaak moet word, sal ek my volle samewerking gee om dit te help bewerkstellig.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om HoĆ«rskool Hennenman hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek weet dat ons skool hoĆ« kwaliteit onderrig en afrigting bied. Ons skool het ook nog altyd ʼn lekker gees gehad en dis maklik om nuwe kinders te laat voel hulle is deel van die Hennie-familie.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Brenda Hoffman, ons skoolhoof, het my geleer hoe om ʼn sterk leier en goeie voorbeeld vir ander te wees … en om nooit my drome op te gee nie.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sport is definitief krieket.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is my ma se kookkos! Dit sal my altyd aan my ouerhuis laat dink (ā€˜home sweet home’) en dit is verskriklik lekker!

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag in ʼn mediese rigting gaan studeer – meer spesifiek in sielkunde.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? My boodskap aan my vriende en medeskoliere is om altyd jou beste te gee – hetsy dit sport, akademie, jou vriende of jou medemens is… gee altyd 100%. En onthou: dit wat jy vandag doen of besluit, bepaal jou toekoms!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal