Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Misha Kapot, Onderhoofdogter van HoĆ«rskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit om die laaste jaar met my mede-matriekgroep te spandeer en alles te doen wat ek moontlik kan. Ek sien uit om my mede-Jannies te help waar ek kan en saam die skool nog beter te maak as wat dit tans is, maar om 100% eerlik te wees, wil ek nie te veel vooruit beplan nie. Ek wil net 2021 se skool jaar geniet en die nuwe uitdagings aanpak en verslin
Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by jou skool? Daar nie baie verbetering wat gedoen kan word nie Ek sal definitief wel ān verbetering in skool se gees wou aanmoedig en deelname onder alle Jan van Riebeeckers ān prioriteit maak.
Indien jy iemand moet oorreed om HoĆ«rskool Jan van Riebeeck hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek sal enigiemand wat hom of haarself wil vind in hoĆ«rskool, aanraai om JvR te kies. Dis ān skool waar die leuse āWees uselfā elke dag uitgeleef word. Die skool het ook ān groot diversiteit waar jy jou groepie sal vind en jarelange vriendskappe vorm. Akademies-gewys is JvR die plek om te wees, met onderwysers wat uit hul pad sal gaan om ān student te help asook jou mede Jan van Riebeeckers wat nooit nee se vir ān tutorklas nie. Alhoewel die skool se leuse is om jouself te wees, voel jy nooit werklik alleen nie. Daar is altyd iemand, alhoewel daardie persoon dalk net vir jou ān glimlag in die gange gee tydens klaswisseling.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel is my Lewenswetenskappe-onderwyser, my koshuis moeder en my mamma weg van my huis, Juffrou Steyn. Juffrou Steyn is my rolmodel, omdat sy iemand is wat klaarkry waarmee sy begin. Sy volhard in alles wat sy aanpak en gee NOOIT op nie. Sy gee om vir die leerders, help altyd waar sy kan en is gedurig op ān drafstappie besig om ān nuwe taak aan te pak. Ek kyk op na Juffrou Steyn vir haar entoesiasme, haar gees, haar liefde vir ander, haar verstand en haar algemene menswees.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek geniet baie sportsoorte soos netbal, atletiek, tennis, skaak en hokkie, maar my gunsteling is definitief hokkie, alhoewel ek dit nie in JvR beoefen het nie. Ek het vanaf die ouderdom van 9 ān massiewe liefde vir hokkie ontdek, maar het dit nie in JvR beoefen nie, omdat ek vir die eerste 3 jaar van hoĆ«rskool my liefde vir netbal bevredig het en sou dan in my laaste twee jaar van JvR sport hokkie speel. Covid-19 tref ons toe en my hokkie-planne is in die pad gesteek.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Definitief pasta…enige vorm van pasta (ja, dit sluit 2minute noodles in).
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? My droom is om in ān mediese rigting te gaan. Spesifiek ān dokter wat spesialiseer in die ongevalle afdeling, omdat niks my gelukkiger maak as om mense te help en die feit dat ongevalle elke dag iets nuuts beleef, maak my net baie opgewonde.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil baie graag medies aan die universiteit van Stellenbosch of Kaapstad studeer.
Vraag: ān Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021: Geniet skool, doen alles wat jy moontlik kan terwyl jy kan. Covid-19 het my graad 11 jaar vernietig en het veroorsaak dat ek baie goed wat ek beplan het nie kon doen nie. So ek raai my mede Jan van Riebeeckers aan om aan alles deel te neem, want jy weet nie of jou laaste winter-interskole in jou graad 10 of graad 12 jaar gaan wees nie. Ek sal hulle ook aanraai om nooit op te gee nie, hou aan en volhard tot die einde. ān Slegte hoofstuk is nie die einde van jou storie nie! Ja, hoĆ«rskool is glad nie maklik nie, maar wees daar vir mekaar en help mekaar deur dit en dit sal die moeite werd wees.
Become a Sponsor








