)

Schools That Rock gesels met Dirku van Niekerk

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Dirku van Niekerk, Hoofseun van HTS MIddelburg.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit daarna om al my vriende te sien en weer by die groter skoolgemeenskap betrokke te raak.

Vraag: Is daar enige aanpassings/veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by HTS Middelburg? Alhoewel dit reeds daar is, wil ek die alombekende “Rooies Gees” versterk en verseker dat dit onderhou word regdeur die jaar, ongeag die moeilike omstandighede waarin ons onsself tans bevind.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? HTS Middelburg behou sy plattelandse kultuur van deelname en om te blom waar jy geplant is terwyl die skool steeds vergelyk kan word met die beste skole in die land.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Die hoofmeisie, Danika Malan. Ek sien baie daarna uit om saam met haar hierdie onbekende jaar aan te pak!

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Dis ‘n onmoontlike keuse tussen hokkie en muurbal.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Enige tipe pizza kan my in ‘n wip vang!

Vraag: Watter rigting wil jy volg na skool? Ek wil graag BCom Rek (CA) studeer.

Vraag: Na watter Universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van Pretoria.

Vraag: ‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021. Alhoewel die jaar wat voorlê talle onbekendes inhou, het ons ‘n groot geleentheid om te verfyn aan dit wat waarlik belangrik is. Ons het ook ‘n kans om innoverend te wees en met God se krag 2021 by die horings te pak!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal