Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Adriaan Maartens, Hoofseun van HoĆ«rskool Oudtshoorn.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit na die nuwe potte en die seremonie op die eerste dag.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoƫrskool Oudtshoorn? Ek sal die bywoning van sportgeleenthede verpligtend maak, sodat daar meer Stuisies op die pawiljoen is as ons sport speel.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ons trotse akademiese rekord en die koor was die grootste aantrekkingskrag na Hoƫrskool Oudtshoorn, maar die spesialis opvoeders, wonderlike personeel en leerders is die skool se grootste bates. Ek het in gr 7 dadelik welkom gevoel en niks het van toe af verander nie.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou van der Veen en Juffrou Stander.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Rugby en koor.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Te veel gunstelinge ???? seker pasta.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Onderwys.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Weet nog nie.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Moet nie opgee nie. Ons is ‘n Struisie-familie en ons kan enigiets saam oorkom. We are stronger together! Ons sal sonder enige twyfel weereens bewys dat, ten spyte van moeilike omstandighede, ons steeds goeie resultate sal lewer. Aan HoĆ«rskool Oudshoorn bly ons trou, naas God en vaderland.
Become a Sponsor








