Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Nicole Claassen, Hoofdogter van HoĆ«rskool Die Anker in Brakpan.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien besonders uit na al die nuwe uitdagings wat saam met my verantwoordelikhede as Hoofdogter kom, asook om die nuwe graad 8ās te verwelkom.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by Hoƫrskool Die Anker: My begeerte is om te sien hoe Ankers die voorreg wat aan hul gegun is, om te leer en hul toekoms te bou, te waardeer en ter harte te neem.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hulle keuse te maak, wat sal dit wees? HoĆ«rskool Die Anker is ān uitstekende skool, vol toegewyde onderwysers wat werklik omgee en uit hul pad sal gaan om elkeen te help. Ons bied ān groot verskeidenheid vakke aan, asook verskeie sportsoorte. Daar is geleenthede vir elkeen om hul passie uit te leef en te groei.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Sonder twyfel, mev. Lindie Fourie. Sy is ān passievolle vrou van God met soveel insig en wysheid. Sy stel die mooiste voorbeeld vir diĆ© om haar en dit is ān eer om by haar te kan leer.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek is mal oor en neem deel aan verskeie soorte, waarvan my gunsteling hokkie is.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Lasangne en āBunnychowā.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek sal graag my droom wil najaag om ān elektriese ingenieur te word.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek is tans besig om instansies te ondersoek en elkeen se langtermyn voordele te ontleed.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Baie sterkte vir die nuwe skooljaar wat voorlĆŖ. Mag die Here julle na nuwe hoogtes lei en mag julle altyd gewillig wees om meer te leer. Werk hard en gee jou beste in alles wat jy aanpak en jy sal die vrug daarvan pluk!
Become a Sponsor








