Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Ebert Wessels, Hoofseun van HoĆ«rskool Strand.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie daarna uit om my matriekjaar saam met my mede-arende te geniet. Ek is trots daarop om ān arend te wees en ek weet my laaste jaar gaan my beste jaar wees. Ek gaan ook my beste probeer om ān voorbeeld te stel wat ander kan volg.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoƫrskool Strand Daar is niks wat ek wil verander nie, maar ek hoop dat ons spoedig kan terugkeer na die tyd voor Covid-19. Die sportdae en danse wat Hoƫrskool Strand gehou het, was ongelooflik.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? HoĆ«rskool Strand laat jou baie vinnig deel voel van die arendfamilie. Ons is ān Afrikaanse skool met bekwame onderwysers en baie sportgeleenthede. Wat my hoĆ«rskooloopbaan in HoĆ«rskool Strand spesiaal gemaak het, is die vriende wat ek gemaak en die verhoudings wat ek gebou het. Jy sal trots wees om te kan sĆŖ dat jy ān Arend is.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My skoolhoof, meneer Danie Malan. Hy moedig ons altyd aan om hard te werk en nie moed op te gee nie. Hy gaan ook uit sy pad om ander mense te help.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek hou baie van hokkie en atletiek.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is lasagne.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil in ān besigheidsrigting studeer en ek wil graag eendag ān suksesvolle entrepreneur wees.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil by die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Geniet elke oomblik en werk hard. Maak seker dat jy aan die einde van die jaar kan terug kyk en trots kan wees op alles wat jy gedoen het. Dra die naam van Hoƫrskool Strand met trots.
Become a Sponsor








