)

Schools That Rock gesels met Jurie Boshoff

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Jurie Boshoff, Hoofseun van HoĆ«rskool Hugenote in Springs gestel.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit om al my vriende en vriendinne te sien. Om saam met elkeen weer ‘memories’ te maak en die beste te maak van die laaste jaar wat ons saam het voordat ons paaie skei.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Met die omstandighede waarin ons is, maak dit dinge baie anders as wat dit voorheen was. As ek die skoolhoof was sou ek alles in my vermoĆ« doen om alles so na as moontlik aan normaal te hou soos wat dit voorheen was, sodat al die nuwe leerders en die wat klaar maak, nie uitmis op sekere goed nie. 

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hugies hul keuse te maak, wat sal dit wees? HoĆ«rskool Hugenote is die beste skool in die Oos-Rand. Dissipline speel ā€˜n groot rol en God is die fondament van ons skool. As jy die beste 5 jaar van jou lewe wil hĆŖ, moet jy na Hugenote toe kom! 

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Elke Hugie-onderwyser het ā€˜n ander impak op elke leerder. Meneer Jason de Kock was my rolmodel by ons skool. Hy het onlangs die skool verlaat, maar hy het ā€˜n groot impak op elke Hugie-hart gemaak. Meneer de Kock was altyd ā€˜n groot Hugenoot en sal altyd wees.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek is mal oor hardloop vandat ek 5 jaar oud was en doen dit nog steeds. Daarom is atletiek my gunsteling sportsoort. Dit is elke man vir homself en dit leer jou om jou alles te gee tot die einde en jy raak fisies lief daarvoor. 

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My heel gunsteling is my pa se oxtail en my ma se lasagne. Ek is ook mal oor enige tipe vrugte en rys.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek is nog nie 100% seker nie maar ek wil in ‘n mediese of sportrigting studeer. Ek oorweeg om ‘n fisioterapeut, chiropraktisyn of ā€˜n pediater te word.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil graag by die Universiteit van Pretoria of Stellenbosch gaan studeer.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Aan al my mede-skoliere – vat kanse, leef jou lewe en glimlag elke dag. Jy weet nooit wat mĆ“re gaan gebeur nie, so fokus altyd op die goeie van die dag. En onthou God het jou altyd lief.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal