)

Schools That Rock gesels met Hendré Jacobs

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Hendré Jacobs van Hoërskool Montana in Worcester gevra. Hy is die Hoofseun en Voorsitter van die VRL van Monties.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit daarna om al die uitdagings wat die jaar inhou aan te pak. Ek is ook opgewonde om te sien hoe die nuwe normaal gaan lyk.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Monties? Ek sou meer gereeld goed soos civvies dae reël om skooldae tydens die pandemie minder eentonig te maak.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Monties hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ons skool fokus op akademie, die belangrikste faktor wat ‘n mens se toekoms beïnvloed. Ons uitstekende onderwysers kry dit reg om skool lekker te maak en is toegewyd en passievol oor wat hulle doen. Ons kleiner klasse verseker dat elke leerder persoonlike aandag kry en gehelp word.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel is my Afrikaans onderwyseres, Juffrou van Heerden. Sy is ongelooflik hardwerkend en doen altyd alles in haar vermoë om te verseker dat elke kind sy/haar potensiaal bereik. Sy is ‘n goeie voorbeeld van iemand wat die vrugte van haar harde werk pluk deur jaarliks in die top 10 van haar vak in die land te eindig.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sport is hokkie.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is Beef Wellington met groen peperkorrel sous.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag ‘n megatroniese ingenieur word. Ek beplan om in ‘n biomediese rigting my meesters te doen.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil graag aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Gaan die skooljaar in met ‘n goeie ingesteldheid en ‘n wil om te leer en te verbeter. Daag jouself uit deur groot doelwitte te stel wat jou buite jou gemaksone dwing. Weet ook dat jy hard gaan moet werk om sukses te bereik.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal