)

Uit die pen van ‘n mamma en juffrou

Ek is net ‘n dood gewone juffrou, wat elke dag foute maak en elke dag iets leer. Ek is als behalwe perfek……

Ek’s ‘n mens net soos jy. As ek so in my klas rondkyk, kan ek nie vir jou sê watter kind eerste gekruip het of watter kind voor een kon loop nie of wie op 20 mnde al in sinne kon praat nie. Ek kan jou ook nie sê watter kind is geborsvoed en wie het bottel gedrink nie. Wie het die beste Nan gekry of was op Nido nie. Ek weet nie wie was koliek babas nie. Ek weet nie watter kinders se mammas hulle gelos het tot hul hulself aan die slaap gehuil het nie. Ek weet nie watter kinders 24uur van die dag aan hulle ma vasgeklou het nie. Ek weet nie wie slaap nog saam met hul mamma en pappa in die bed nie. Ek weet nie watter kinders voor 6jr al aan ‘n klomp buite aktiwiteite deel geneem het nie. Swem, gimnastiek en die lys is baie lank!

Wat ek wel sien is kinders wat by hul huis geliefd en veilig voel. Ek sien gelukkige kinders. Ek weet wie gooi nog krismis beddens en kyk fliek saam met hul kinders. Wie eet nog as ‘n gesin saam. Ek kan sien wie koester nog goeie maniere by die huis. Ek kan sien wie het ‘n vaste roetine by die huis. Ek kan sien watter kinders doen huistakies soos bed opmaak. Ek kan hoor hoe jy met jou kind praat deur hoe jou kind met my en ander praat. Ek kan sien wie nog aan sprokies blootgestel word. Wie nog kinders kan wees en waar die paashaas, tandemuis en kersvader welkom is. Wie nog gebedjies opsê voor hulle gaan slaap…As ek na my liefiekinders kyk, sien ek nie hul mylpale nie. Ek sien wie hulle is: ek sien hul hart en ek sien jou as ouer in hulle. Ek sien al die liefde wat jy vir jou kind gee.

Ons is veronderstel om tydens oueraande te praat oor assessering en akademiese vordering. Tot ek eendag ‘n ma gehad het wat my in die oë gekyk het en vir my gesê het: ‘Ek is nie bekommerd oor my kind se klanke, lees en wiskunde en punte nie, my kind sal daar kom. Ek wil weet … hoe gaan dit met my kind as mens as individu? Is my kind vriendelik? Sluit my kind ander in as hulle speel? Deel my kind? Is my kind gelukkig?” Dit het my asem weggeslaan en dit is iets wat my altyd sal by bly! Emosionele ontwikkeling is soooooo belangrik. Dit moet eers in plek wees. Die volgende kom net weer by my op: “you can struggle for weeks to teach your child to identify colours before they are ready or you can do it in a few moments when they are ready to learn. “Moenie so hard op jouself wees nie. Wees net onvoorwaardelik lief vir jou kind. Dit is al wat hulle nodig het. Lees, lees, lees vir jou kind! Gebruik stemme en maak lees lekker. Maak ook seker dat hulle jou sien lees. Lees maak die wêreld oop vir hulle! Wees jy jou kind se veilige plek waar hulle hulself kan wees.

Tonne liefde ©️Zuléka Smit

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal