)

Hoërskool Adamantia leerder ontvang Springboktoekenning in Landsdiens

Marizán Steyn, graad 12-leerder, het vanjaar die Springboktoekenning in Landsdiens ontvang. Dit is die hoogste toekenning vir leerders in Landsdiens op skoolvlak.
Marizán het in 2016 met Landsdiens begin. Sy het van dag een af die 4 liefdes van Landsdiens voluit nagestreef en uitgeleef.
In vraad 9 verteenwoordig sy Noord-Kaap Landsdiens as Junior leidster van die dogters by die Nasionale kamp. Marizán het die Noord-Kaap by 4 Nasionale kampe verteenwoordig.
Sy het die volgende toekennings in Landsdiens ontvang:
Prestasie Silwer, Impala, Prestasie Goud en Leierskap.
Sy het in haar klub (die D.S. Jacobs-Landsdiensklub) as bestuurslid, sekretaresse, onder-voorsitter en voorsitter opgetree. Sy het ten alle tye haar mede Landsdieners met respek hanteer en nie geskroom om positiewe leierskap te openbaar nie.
Sy het veral haar liefde vir die Skepper en haar medemens openbaar in haar projek en betrokkenheid met en by Kansa oor die afgelope vyf jaar. Die uitreikings na die ouetehuise en minderbevoorregte mense was nog ‘n saak wat hoog op haar prioriteitslys was.
Marizán het ook haar liefde vir die natuur en arbeid uitgeleef in die aanplant van spekbome op die terrein en die hulp met die bekamping van erosie in die Sanpark, Mokala.
Haar vriendelikheid, spontaniteit en hulpvaardigheid sal ons altyd by bly.

“Sterkte vir jou pad vorentoe, Marizán. Ons sien uit om te sien wat die toekoms vir jou inhou. Maak ons by Addies trots.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal