)

Hoër Tegnologiese Skool John Vorster se buitengewone vaarwel

” ‘n Masker wat by jou rok pas of pak pas was aan die orde van die dag vir die matrikulante wat vanjaar reeds hulle matriekafskeid gehou het” – Brumilda Swarbool van Beeld.

Die jaar was ‘n ongelooflike nuwe ervaring vir ons matrieks. Dit was verseker nie ‘n normale jaar vir baie van ons leerders nie maar ons matrieks het werklik ‘n skokkende jaar beleef waar daar soveel verandering was. Die oorspronklike matriekafskeid was gereël vir 17 September 2020 maar as gevolg van die pandemie moes mev. Olwage ander planne maak. ” Ons het nie ‘n keuse gehad as om die matriekafskeid af te stel vir 2020 nie. My hart wil breek vir die matrieks maar ons het geen ander opsie nie.” het mev. Olwage, adjunkhoof en organiseerder van die matriekafskeid gesê vroeër in 2020. Die oomblik toe Pres. Ramaphosa ons op vlak een plaas het mev. Olwage DADELIK aan die werk gespring en vir die matrieks ‘n WONDERLAND-SPROKIESLAND-matriekafskeid gereël.

Met die hulp van al die onderwysers het ons die jaar se matriekafskeid ‘n groot sukses gemaak. Ons het glas bottels, kersies, liggies, bokse en alles wat ons kon kry om tot by die tema te voeg, bymekaar gemaak. Ons het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om al die onderwysers en admin-personeel te vra om die dag meer opwindend te maak deur iets interessants aan te trek om ook saam die leerders pret te hê.

“Matrieks van 2020, julle jaar sal altyd onthou word as die jaar waar alles deurmekaar was as gevolg van ‘n pandemie.

Ons glo elkeen het die aand baie geniet.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal