)

Hoërskool Ermelo bied prag graad 12-Lourierfunksie aan

Foto’s vlnr: Vosjan Grey (Dux-leerder) en Zara Büchling (tweede beste presteerder)

Foto’s verskaf

Op Maandag, 19 Oktober, het Hoërskool Ermelo hierdie jaar se graad 12’s beloon vir hul harde werk tydens ‘n spog-prysuitdeling.

Die Top Tien vir 2020 se graad 12’s is vanaf nommer een tot nommer tien: Vosjan Grey, Zara Büchling, Simoné Beyer, Alana Leibbrandt, Dané du Toit, Jana Nel, Anja Wege, Elizia van Heerden, André Strauss en Kerry-Ann Botha.

Van die spesiale pryse wat toegeken is, is die ware heer en ware dame wat onderskeidelik aan Chad Coetzee en Ania Snyman toegeken is. Vosjan Grey en Yané Broekman ontvang die prys vir Kameradie en Luyanda Mabuza en Mandisa Dube vir Companionship.

Die volgende graad 12-leerders ontvang “Onthou-medaljes” wat deur TWK geborg is: Yané Broekman, Zara Büchling, Vosjan Grey, Amy Greyling, Alana Leibbrandt, Precious Matshaya, Jana Nel, Bonke Sambo en GJ Swart.

Die boekpryse vir Beste tweetaligheid is toegeken aan Zara Büchling (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Ania Snyman (English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal).

Vosjan Grey word aangewys as die Dux-leerder vir 2020. Hy ontvang drie toekennings wat ook deur TWK geborg is: kontantbedrag, silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje.

Foto vlnr: Jana Nel (president van 2020 tydens haar laaste toespraak aan die Erries) en Vosjan Grey (president van 2020 tydens sy laaste toespraak aan die Erries)

EHS bedank die hoofborg, TWK, asook elke ander borg wat bygedra het om 2020 se prysuitdeling ‘n sukses te maak.

Baie geluk aan elke leerder wat ‘n toekenning ontvang het en dankie aan elke graad 12 wat ten spyte van ‘n moeilike jaar die ekstra myl gestap het om hul laaste jaar as Erries goed af te sluit. Hoërskool Ermelo is trots op elkeen wat op verskeie gebiede die EHS se naam steeds hoog hou.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal