)

Hoërskool Aliwal-Noord Senior Leerlingraad beleef opwinding

ANHS se nuwe Seniorleerlingraad het ‘n opwindende eerste week beleef!

Dit was voorwaar ‘n besige week vir beide ou en nuwe Senior Leerlingraad van ANHS. Maandagmiddag die 12de Oktober het die dames heerlik saam gekuier en teepartytjie gehou in die Ondersteunersklub. Die manne het later die middag lekker saam gebraai en staaltjies en raad is uitgeruil om die braaivleisvuur.

Woensdagaand is daar formeel afskeid geneem van die uittredende Senior Leerlingraad tydens die Leerlingraad 2020 se dinee. Juffrou Melissa Ferreire en haar graad 11- span het hulself oortref met  pragtig-gedekte tafels en geurige kos. Daar is vir oulaas heerlik saam gekuier en afskeid geneem.

Donderdagoggend het die nuut-aangekondigde Leerlingraad op hul kamp vertrek.

Dit is hierdie keer op die lieflike gasteplaas, Toll-Inn gehou. Van die oomblik dat hulle ingery het en omring was deur die lowergroen grasperke en bome, tot die gerieflike huisies waarin ons kon bly en die saal met ‘n heerlike stoep en braaigeriewe, was almal opgewonde en gereed vir aksie! Juffrou Sandra Watkins en die Leerlingraad van 2021 bedank mev Charmaine Kretsenger, eienaar van Toll-Inn,  van harte vir haar gasvryheid en alles waarmee sy hulle bederf het. Daar is darem nie net hard gewerk om die beplanning vir 2021 te doen nie, maar daar is ook heerlik geswem en saam gekuier. “Ons wil ook baie dankie sê aan meneer Neil Davy wat almal se magies volgehou het met die heerlike kos waaraan ons kon smul.”

Maandagoggend, 19 Oktober, het daar groot opgewondenheid geheers, want dit was tyd vir die aankondiging van die hoofleiers vir 2021. baie geluk aan Annique Leeuwskieter en Imiell Christensen wat as hoofdogter en hoofseun vir 2021 verkies is. Geluk ook aan Olwethu Nyezi en Walt Vorster wat as onderhoofdogter en onderhoofseun verkies is.

Baie geluk met jul ampsposisie en sterkte vir 2021!

 

 

 

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal