)

Hoër Meisieskool Oranje: Hoofmeisie vir 2021

Magé Troskie is onlangs as Oranje se hoofmeisie vir 2021 aangewys. Sy is aan die woord.
Ek is wie ek is (in 5 woorde). Ek wil en gaan ‘n leier wees wat ander inspireer om hulself te wees. Hulle moet weet hulle is ook leiers, want wat hul in my sien, is ook in hulle.
Ek is mal oor toesprake! Ek sien baie uit daarna en ook vir al die nuwe mense wat ek gaan ontmoet. Ek weet ek gaan baie van myself leer.
My ouma Lettie was ‘n legende by Oranje!! Sy was ook ‘ n huisleidster by Boshoff, so ek is baie trots om in haar voetspore te volg. Sy was hoofmeise van Le Rouxhuis en sy het ook musiek (op klavier) in baie mense se lewens gebring.
Toe my ma in my gr. 7-jaar vra of ek Oranje toe wil gaan, het my mond oopgehang! Oranje Meisieskool. Vir ‘n kleindorpmeisie soos ek was dit “a dream come true”. Ná die opedag was my kop en my hart vas by Oranje.
Ek was vanjaar op pad SA’ s toe vir atletiek (hoogspring), voordat Tannie Rona my voorgekeer het.. Ek is ‘n redelike gebalanseerde mens en geniet my akademie, sport en kultuur.
As ek een dag die skoolhoof kon wees, sou ek ’n spesiale periode inbring waar leerders leer om hulself lief te hê en hoe om regtig te ontspan. Dit gaan hulle gemakliker maak in hul eie liggame en dit gaan hul koppe skoonmaak. Meeste meisies is konstant so gespanne oor toetse dat hulle vergeet om in die oomblik te leef. Dis hoekom hoërskool so vinnig vlieg.
Ek vind dit moeilik om nie van iemand te hou nie. Ek is soos my ma om die goeie in mense raak te sien.
Die lekkerste lekker is om saam met my mense langs die kaggel te lag en musiek te maak.
GUNSTELINGE:
Afrikaanse kinderliedjie? Hy hou die hele wêreld in Sy hand
Speelding as kind? My rooi Lamborghini afstandbeheer karretjie!
Skoolvak? Wiskunde (as ek nou MOET kies)
Aspek van skool? Beslis die sosiale aspek
Tydverdryf? Kitaar speel en liedjies skryf
Sanger? Elandré/Spoegwolf
Sportster? Karla Pretorius
Akteur? Kevin Hart en Mila Kunis
SA celeb? Schalk Bezuidenhout
KIES EEN (HAAR KEUSE IN HOOFLETTERS):
Laat slaap / VROEG OPSTAAN
Boeklees / TV KYK
OPGAAR / weggooi
Intellek / HUMOR
BILTONG / sjokolade
Drama / KOMEDIE
Kom in die moeilikheid by jou ouers / BY ’N ONDERWYSER
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal