)

Hoërskool Kroonstad leerders verwerf hoogste toekenning in Voortrekkers

Lede van Die Voortrekkers in graad 12 van Blouskool, Kroonstad het die Nasionale Presidentsverkenner-toekenning verwerf, nadat hulle aan die vereistes van die Presidentsverkennerproses voldoen het.  Die proses sluit in die bywoning van ‘n sekere aantal Gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ‘n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ‘n vereiste aantal jare diens in Die Voortrekkers.  Tweedens, die slaag van die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen wat in Aprilmaand geskryf is.  Derdens die suksesvolle voltooiing van die Nasionale Presidentsverkenner Webinaar, ‘n eerste vir die Voortrekkers, wat oor die langnaweek in Augustus aangebied is.  Afhangend van elke jeuglid se omstandighede kon hulle ook hierdie uitsending gedurende Augustus kyk en terugvoering aan Die Voortrekkers deurgee, aangesien elkeen nou nie aan die wedersydse gesprekke kon deelneem soos vantevore nie.

Die Presidentsverkennertoekenning is ‘n nasionale toekenning vir kulturele leierskap.   Afhangend van die regering se staat van inperking vlakke sal hierdie toekennings, sodra dit toelaatbaar is, in persoon aan hulle oorhandig word.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal