)

Hoërskool Fichardtpark: Boodskap van Hoofdogter 2020

*Die blou van my rok en die wapen op my bors is die rede vir my trots.*
Mede-Fichies
As die nuutverkose hoofdogter van 2021 wil ek graag my visie met julle deel.
Ek sien uit na ‘n nuwe jaar vol verwagtinge, harde werk en om memories te bou. Met die drie ander hoofleiers aan my sy, asook die leerderraad, weet ek ons sal ‘n verskil in die skool kan maak. Ons idees en passie vir ons skool sal die dryfkrag van ons termyn wees.
Ek sal daarna streef om die skool en die leerders, wat elkeen van julle insluit, eerste te stel. As ‘n verteenwoordiger van Hoërskool Fichardtpark sal ek ook altyd die skool se naam hoog hou en die waardes uitleef.
My droom vir elke persoon is dat in 2021 daar ‘n atmosfeer van moed, gees en trots sal heers. En dat ons hand-aan-hand, met ons oë gerig op Jesus, ons skool na hoër hoogtes sal neem.
“Don’t be pushed around by the fears in your mind. Be led by the dreams in your heart.” – Roy T. Bennet
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal