)

Errieraadskamp berei leiers voor vir 2021

Hoërskool Ermelo het vanaf 23 tot 26 September weereens ‘n insiggewende en suksesvolle Errieraadskamp te u-Bhetyan-o-Africa aangebied.

Die lesings oor onder andere konflikhantering, spanbou-aktiwiteite wat spanwerk bevorder het en talle ander uitdagings wat die leerders geforseer het om kreatief te dink, het die raad bemagtig om as ‘n groen eenheid te funksioneer.

Die Errieraad is slaggereed vir 2021, asook om met trots vertoonvensters van Hoërskool Ermelo te wees!

Hou die Errieraad van 2021 gerus dop! Hulle het baie om te bied vir die Erries!

‘n Toespraak van Margha Greyling, een van volgende jaar se leiers het die visie van die nuwe raad so mooi opgesom:

“Tradition is tending the flame, not worshiping the ashes.

According to the Oxford dictionary, tradition is a long established custom or belief that has been passed on from one generation to another.

Maar, sonder ‘n brandende hart vol passie, is tradisie maar net gebare teen ‘n muur.

‘n Errie se hart is een van die mooiste harte wat enige iemand ooit sal teëkom. Hy lewer die mooiste produk wat nog ooit tersprake was: opregtheid, eerlikheid, respek, lojaliteit en passie. Hierdie produk is meer werd as ‘n Opperman-Blou-Diamant.

Die produk van hierdie vurige hart maak jou wie jy is. Dit is soos die goue randjie om jou groen skoolbaadjie. Dit is soos die eksotiese lentebloeisels na ‘n snerpende winter. Dit is die somerson wat weer sy verskyning maak na n lang, vaal nag. Hierdie produk maak alles beter.

Mense bewonder ons. Hulle bewonder ons menswees. Hulle bewonder ons optrede.

‘n Ware Errie praat met wysheid, luister met respek en leer met geduld.

Cultures grow on the vine of tradition. Tradition is the one thing that binds us all together as one, no matter what culture you may follow.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal