)

Hoërskool Ermelo kuns-leerders presteer tydens Mpumalanga Kunskompetisie

Die Erries neem elke jaar deel aan die kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word en vele top tien plekke is al deur die Erries ingepalm. Hierdie jaar se Errie-presteerders is gekies uit 137 inskrywings regoor die provinsie. Dit is ‘n merkwaardige prestasie!

Sewe Visuele kunste-leerders van Hoërskool Ermelo het hierdie jaar ingeskryf vir die Mpumalanga Kunskompetisie en ontvang meriete-toekennings van die Departement van Onderwys.

Die tema vir 2020 was ‘Heritage Re-imagined’. Die leerders moes unieke kunswerke skep waarin hulle die tema vanaf konseptualisering tot ‘n produk op ‘n kreatiewe wyse moes interpreteer en uitbeeld. Hierdie tema vorm ook deel van die Graad 12 werk vir 2020.

Geluk aan die volgende leerders met goeie uitslae:  Micheala Erasmus (87%), Zara Büchling (86%), Nontokozo Ngwenya (86%), Nomfundo Shabangu (85%), Cara Roos (82%), Phumelele Malinga (81%) en Geraldine Liebenberg (81%).

Hoërskool Ermelo is besonder trots op elkeen en het groot waardering vir jul besondere kunstalent, asook die leiding wat die leerders ontvang vanaf EHS se kunsonderwyser, me Carin van der Merwe. Mag elkeen van julle se se toekoms kleurvol wees!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal