Laerskool AG Visser is gefundeer in Bybelse beginsels en goeie waardes om elke leerder instaat te stel om op ‘n gebalanseerde wyse te ontwikkel en te funksioneer.
Rensburgdorpskool is in 1928 gestig, waarna dit in 1940 verander het na Laerskool A.G. Visser.
Op 16 Januarie 1940 kon die nuwe gebou van 9000 pond betrek word. Op 4 April 1940 het die feestelikheid in die vierkant van die gebou begin. Dr. Andries Visser (Jr) onthul die naamplaat van die skool: “A.G. Visserskool”. Mnr J.A.A. Kruger, wat Dr. Visser se boesemvriend was, het met hierdie naamgewing sy vriend vereer.
Mnr. Kruger tree in 1945 uit met 224 leerlinge in die skool.
Deur die jare het A.G. Visser gegroei tot ‘n skool wat altyd in rekening gehou moet word en kan ons met trots sê dat daar nog steeds deur die jare na God opgekyk word vir die nodige hulp en leiding.
Me Selma Marx is die skool se eerste vroue-hoof vanaf die begin van 2020.