Die Campus Cup kompetisie het hierdie week weer hervat. In die 5de rondte het ons teen Nico Malan te staan gekom en die “Visse” tree as oorwinnaars uit die stryd. Punt het reeds groot skole soos Diamantveld en Waterkloof uitgeskakel.
Nie net vorder ons na rondte 6 nie, Punt wen ook ‘n prys R5000 kontant vir die “Klein skool” wat die verste in die kompetisie gevorder het. Daar is slegs 8 skole in die kompetisie oor. Punt betree dus nou die kwarteindstryd!
Punt se “Visse” bedank almal wat “Punt” gestem het!
PROUDLY POINT – TROTS MOSSELBAAI!
Become a Sponsor








