)

Hoërskool Nelspruit se Dux’e kom tot ‘n einde

Handré Homann en Milda van Dyk (Dux’e 2019/2020) het hul rol as hoofleiers heelhartig en met passie uitgevoer ten spyte van 2020 se buitengewone uitdagings. Hulle was geliefde hoofleiers waarna elke Nellie kon opkyk.
Dit is wat hulle te sê het oor hul tydperk aan bewind:

Handré Homann: “Die gevoel en belewenis om die voorreg te kon hê om vir ‘n jaar lank so ‘n uitmuntende skool soos NHS te lei is onbeskryflik. Om verantwoordelik te wees vir meer as net jouself gee jou ‘n nuwe perspektief op die lewe en ek sou hierdie ervaring op geen ander plek kon kry nie. Sonder die 38 BK-lede wat saamgetrek het aan die wa, sou dit nie vir my die lekkerste tyd van my hoërskoolloopbaan kon wees nie. Ek sal dít vir niks verruil nie!”

Milda van Dyk: “Wat is Covid-19? Beslis nie iets wat in die pad van my termyn gestaan het nie! Elke droom en doelwit waarmee ek en my mede-leiers met soveel entoesiasme die termyn betree het, het met vlieënde vaandels die wenpaal oorgesteek. Of dit digitaal of in lewende lywe was, het die vurige Nellie-wees-gees steeds geseëvier deur die Covid-19 tyd!  Vir my om as hoofmeisie die skool te kon lei in hierdie buitengewone jaar, was ‘n groot voorreg, omdat vreemde uitdagings my reis versier het. Ek het soveel vaardighede en lewenslesse ryker geword  wat ek in my leierskap kon inploeg en wat my vir my eie lewensreis bemagtig het.”

Gedurende 2019/2020 was daar verskeie hoogtepunte. Handré sê 23 Februarie 2020 se Interhoër is ‘n oomblik wat hy altyd sal koester. “Die 400m stap om Hoërskool Bergvlam se baan waar ek tot stilstand kon kom voor ‘n pawiljoen met ‘n duisend Nellie-ondersteuners in óns groen-en kakiedrag. Om op dieselfde plek te kon afsluit saam as matriekgroep van 2020 met die skoollied wat uit volle bors gesing word en die wete dat geen persoon wat nie in NHS is/was ooit die trots sal verstaan wat ons as skool koester nie.”

Die tyd het nou aangebreek om die spreekwoordelike aflosstokkie aan die nuwe hoofleiers te oorhandig.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal