)

Hoërskool Ermelo atleet nommer een in SA

Tyrone Berning, graad 8-leerder van EHS, is aangewys as die nommer een seunsatleet in Suid-Afrika Skole Sport Sterre in beide hoogspring en 300 meter hekkies in die o/14-ouderdomsgroep.

Hy spog met ‘n uitstekende tyd van 40.31 sekondes in die 300 meter-hekkies en met ‘n hoogte van 1.8 meter in hoogspring.

Die plasings van die SA Skole Sport Sterre is bepaal deur die beste tye en/of afstande wat die atlete behaal het tydens 2020 se atletiekseisoen. Tyrone het beide die uitslae wat ingestuur is, behaal tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms waaraan hy op 5 Februarie 2020 deelgeneem het.

Hoërskool Ermelo is met reg trots op Tyrone met dié uitsonderlike prestasie. Dit dui op harde werk, deursettingsvermoë, genade en hope talent.

Baie geluk, Tyrone! Erries is baie trots op jou.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal