)

Langenhoven Gimnasium leerder presteer in Fietsry

Charlissa Schultz van Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn, het op 8 Augustus aan die eerste Junior Dames Suid Afrikaanse fietsry E-Kampioen deelgeneem.
Sy was 1ste in die dameswedren.
Langenhoven Gimnasium geskiedenis

In 1913 is die Industriële Skool deur die NG Kerk gestig met die doel om aan seuns die geleentheid te bied om hulself in ‘n ambag te bekwaam. Nadat die Unie-Onderwysdepartement die skool in 1930 oorgeneem het, is ‘n volwaardige handelsrigting saam met die ambagrigting ingestel. Vanaf 5 Junie 1935 staan die skool amptelik bekend as die Langenhoven Vakskool.

In 1935 is daar besluit dat die skool twee afsonderlike skole sal word. Vanaf 1 April 1936 staan die twee skole bekend as die Hoër Handelskool Langenhoven en die Ambagskool. Die Hoër Handelskool Langenhoven is eers in die Fostergebou, vanaf 1938 in ‘n gebou langsaan en in 1971 in die nuwe skoolgebou op die hoek van Adderleystraat en Voortrekkerweg gehuisves. Die Ambagskool verhuis in 1945 na Lugskool 45, die bekende Suid-Basis, en staan van toe af bekend as die Hoër Tegniese Skool. Op 10 Augustus 1977 is die nuwe skool- en koshuisgeboue, waarin die leerders tans gehuisves word, in gebruik geneem.

Vanaf 1 Januarie 1987 verkry die Handelskool die status van ‘n gewone hoërskool en word die naam verander na Hoërskool CJ Langenhoven.

Vanaf 1 Mei 1992 word beide skole Model C-skole en amalgameer op 1 Januarie 1993. Op 19 Januarie 1993 word die nuwe skool, Langenhoven Gimnasium, met ‘n algemene, ‘n handels- en ‘n ingenieursrigting geopen.

Op hierdie wyse herhaal die geskiedenis hom dus met die hersamevoeging van die twee skole, ná ‘n skeiding van 57 jaar.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal