)

Hoërskool Waterkloof leerders skitter by Global Youth Science and Technology Bowl

Carli Swart en Berlie Roodt, beide graad 12-leerlinge van Hoërskool Waterkloof, is reeds in die gemeenskap alombekend vir hul ‘Puffer Jacket’ wat deur hulle ontwerp is om mense wat angsaanvalle kry te help kalmeer.
Carli en Berlie het verlede jaar tydens die Modiragatsi-ingenieurskompetisie vir meisies by die Noordwes-Universiteit met hierdie oplossing vir ‘n gesondheidsprobleem vorendag gekom.
Met hierdie ‘Puffer Jacket’-idee het beide na die finale rondte van die Global Youth Science and Technology Bowl, ‘n internasionale ekspo vir biologie, chemie, fisika en ingenieurswese, deurgedring.
Hulle praat tans die wêreld aan die brand en het op Die Groot Ontbyt wat ook op GROOTfm 90.5 uitgesaai gaan word, gesels.
Nog twee Klofies, Amy Vockerodt en Tiaan Langenhoven, beide in graad 9, het ook na die finale rondte van hierdié kompetisie deurgedring. Hulle het ‘n verkeershandskoen ontwerp wat help om karwagte beter sigbaar te maak in swak lig.
Amy en Tiaan gesels vanmiddag met Ruben Delmage op die GROOTfm 90.5 -program, ‘Slat die Pad’ om 15:30.
Onthou om vanmiddag in te skakel waar hierdie vier slimkoppe ons meer gaan vertel rakende hul inisiatiewe.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal