)

Hoër Meisieskool Oranje: Nuwe onnie verwesenlik ideaal

Nadat hy ’n klompie jare gelede as ’n proefstudent met Oranje kennis gemaak het, was dit vir mnr. Elandré Rheeder ’n ideaal om eendag hier kom skoolhou.
Dit het toe vanjaar gebeur. Hy gee die vakke sosiale wetenskap en lewensoriëntering.

Volgens hom was dit ’n puik besluit wat hy geneem het. “Dis vir my die beste ervaring van my loopbaan en ek het in ’n kort tyd baie lief vir Oranje geword.”
Hy is buitemuurs onder meer betrokke as tennishoof en sal ook vinnig hand kan bysit as daar iewers klankprobleme opduik, aangesien hy voorheen as ’n klankingenieur gewerk het. Hy sal ook vroegoggend al op die parkeerterrein aangetref word waar hy voorvat met die veiligheidsprotokolle wat die verkeer betref.

Mnr. Rheeder sê hy het ’n groot liefde vir musiek en wou trouens ’n musikant geword het toe hy jonk was.
“Ek wou kitaar speel in ‘n rock band (orkes klink te outyds, dit moes ‘n “cool” band wees) en het in ’n paar gespeel. Ek kan ’n paar instrumente speel – kitaar, baskitaar, harmonicas, dromme en so ’n bietjie ukelele.” Wanneer hy tuis is, gooi hy graag ’n vet skaapvleisie op die kole onder die maan en sterre.

Mnr. Rheeder, wat ’n graad in sielkunde en ’n nagraade onderwyssertifikaat voltooi het, is oorspronklik van Newcastle in KwaZulu-Natal waar hy aan die Hoërskool Ferrum gematrikuleer het. Hy beskryf homself as vriendelik, eerlik, lojaal en opreg en sê die dag in sy lewe wat hy graag weer sal wil oorhê, is sy troudag.

En as mnr. Rheeder die horlosie kan terugdraai, wat sal hy vir daardie jonger self sê? “Dat ek moet ontspan en nie soveel druk op myself plaas nie. Als sal kom met tyd soos dit moet.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal