)

Hoërskool Bultfontein: Top 3 akademiese presteerders Gr 4

BULTIETROTS. Graad 4 top 3-akademiese presteerders eerste kwartaal.

Baie geluk!

DIE SKOOL SE GEDRAGSKODE VIR LEERDERS (INSLUITEND DRAGKODE)

Hoewel aansoekers se weiering om die Skool se Gedragskode vir Leerders (insluitend dragkode) te onderskryf nie die toelating van die leerder tot die Skool kan verhoed nie, sal die kode nietemin bindend wees vir die leerder. Artikel 8(4) van die Skolewet bepaal soos volg:

“Geen bepaling van hierdie Wet stel ‘n leerder vry van die verpligting om die gedragskode van die skool wat deur sodanige leerder bygewoon word, na te kom nie.”

Aansoekers word aangemoedig om die Skool te ondersteun deur hulleself van die Skool se Gedragskode vir Leerders te vergewis en die nakoming daarvan deur leerders te verseker.

  1. SKOOLGELD

3.1 Ouers (soos in artikel 1 van die Skolewet omskryf) se versuim, weiering of onvermoë om skoolgeld te betaal, kan nie die toelating van leerders tot die Skool verhoed nie.

‘n Leerder word toegelaat tot die totale skoolprogram en mag nie geskors word van klasse, toegang tot kultuur-; sport- en sosiale aktiwiteite geweier word, ‘n skoolrapport of oorplasingsertifikaat geweier word of andersins geviktimiseer word op grond daarvan dat sy/haar ouers –

(a) nie instaat is om skoolgeld te betaal nie of dit nog nie betaal het nie;

(b) nie die missiestelling en gedragskode van die skool steun nie;

(c) geweier het om ‘n kontrak aan te gaan ingevolge waarvan die ouers afstand doen van enige eis om skadevergoeding wat voortvloei uit die opvoeding van die leerder.

3.2 Ingevolge artikel 38-41 van die Skolewet, moet ‘n begrotingsvergadering van die ouers van ingeskrewe leerders by die Skool na dertig (30) dae kennisgewing aan ouers geskied. By hierdie vergadering besluit die meerderheid van die ouers teenwoordig op die aanvaarding al dan nie van die begroting wat vir die volgende boekjaar deur die SBL voorberei is. By dieselfde vergadering kan die meerderheid van stemgeregtigde ouers teenwoordig besluit dat die betaling van skoolgeld verpligtend moet wees, wat die skoolgeldbedrag per leerder per jaar sal wees, en watter maatstawwe sal geld vir algehele of gedeeltelike vrystelling aan ouers wat nie die volle verpligte bedrag of ‘n gedeelte daarvan kan betaal nie. Ouers wat nie daartoe in staat is om enige gedeelte van die bedrag of die volle bedrag te betaal nie, is daarop geregtig om op die voorgeskrewe vorms by die SBL om algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld aansoek te doen. Sodanige aansoeke moet vertroulik deur die SBL hanteer word. Die SBL sal billik optree en bogenoemde maatstawwe asook die bepalings van die ministeriële beleid en die Regulasies vir die Vrystelling van Ouers van die Betaling van Skoolgeld in Openbare Skole (Goewermentskennisgewing R1052) toepas. ‘n Afskrif van laasgenoemde sal op versoek aan ouers beskikbaar gestel word. Ouers wat om vrystelling aansoek doen, kan ‘n opvoeder by die Skool of enige ander persoon vir bystand met die aansoek nader. ‘n Ouer/ouers wat deur die SBL se besluit verontreg voel, kan ingevolge die prosedure wat in genoemde regulasies uiteengesit word, by die DH appelleer.

3.3 Aansoekers om vrystelling moet egter daarop let dat die gekombineerde jaarlikse inkomste van ouers in berekening gebring word in die besluit of ouers vir vrystelling in aanmerking kom al dan nie. “Gekombineerde jaarlikse bruto inkomste van ouers” word in regulasie 1 van voorgenoemde regulasies omskryf as –

“die saamgetelde bruto inkomste van al die ouers van ‘n leerder soos in die Wet omskryf…”.

3.4 Die Skolewet omskryf “ouer” soos volg –

(a) die biologiese of aanneem-ouer of wettige voog van ‘n leerder;

(b) die persoon met wettige aanspraak op sorg vir ‘n leerder; of

(c) die persoon wat onderneem om die verpligtinge van ‘n persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skool na te kom.

Dus indien die leerder byvoorbeeld ‘n pa én ‘n ma het, maar by sy/haar tante woon, met ander woorde ‘n persoon na wie daar in (c) hierbo verwys word, sal die gekombineerde bruto inkomste (vóór belasting of aftrekkings) van al drie – d.w.s. die ma, pa én tante – in berekening gebring word wanneer daar oor algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld beslis word.

3.5 Om hierdie rede moet die besonderhede van alle persone wat onder die omskrywing van “ouer” val, in die toelatingsaansoek aan die Skool verskaf word.

3.6 Die aansoeker se aandag word voorts op die volgende bepaling van die Skolewet gevestig –

(Artikel 41) – “Die beheerliggaam van ‘n openbare skool kan die betaling van skoolgelde deur ouers wat daarvoor aanspreeklik is…, deur regsproses afdwing.”

3.7 Ouers van leerders word aangemoedig om die hoë onderrigstandaard en die goeie skoolfasiliteite en -omgewing in stand te hou deur skoolgeld te betaal en, waar hulle algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van verpligte skoolgeld ontvang, hulle dienste tot voordeel van die Skool aan die SBL beskikbaar te stel.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal