)

Hoërskool Nelspruit: tweede virtuele uitdaging

Foto links: Carmi Rademeyer en Jaco Smith            Foto regs: Joanita Badenhorst en Oom Joop Huiskamp

Nellies Active se tweede virtuele uitdaging is wyd en syd verwelkom en het oud en jonk die geleentheid gebied om te stap, hardloop, fietsry en krag te oefen.

Meer as 300 deelnemers het hierdie naweek aan die verskillende aktiwiteite deelgeneem.

Een van die spankapteine, me. Charlotte Gericke, vertel dat sy meer as die vereiste 11 deelnemers bymekaar gekry het om te stap en te hardloop. “Ek het ‘n groot groep bymekaar gekry wat graag wou deelneem. Die stappers kom van verskillende plekke, so ver as Middelburg, Johannesburg en Nieu-Seeland. Altesaam het dié groep uit 52 lede bestaan en het hulle saam 256km afgelê. Die groep het net aanhou groei en hulle was verskriklik opgewonde om deel te wees van die uitdaging.”

Na afloop van die naweek se uitdaging is dit verblydend om te sien dat daar baie deelnemers is wat die eerste tree van oefening gegee het. Mnr. DP Badenhorst sê dat dit juis die doel van die Nellies Active uitdagings is. “Ons wil graag sien dat NHS se leerders en ook die gemeenskap meer aktief oefen.”

Daar moet ook melding gemaak word van die twee oudste deelnemers. Me. Marie van der Merwe (80 jaar) het 7km gestap en mnr. Joop Huiskamp (84 jaar) het 6km gestap in stormsterk wind.

Die volgende uitdagings is spesifiek gerig vir individuele deelname. Die uitdagings sal weer later in die week bekend gemaak word. Intussen kan die Nellies weer van die oefenprogramme gebruik maak.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal