Vlnr: Gratia Pauw, Evert Potgieter, Johannes Pretorius en TJ Vorster.
Hoërskool Punt, Mosselbaai, het ‘n GR8 Redenaars-span wat die jaar aan die jaarlikse Radikale Redenaars Kompetisie deelgeneem het. Die span deelnemers moet almal in dieselfde graad wees. Die 3 manne, TJ Vorster, Johannes Pretorius en Evert Potgieter, is reeds vanaf laerskool saam in die redenaars-span en het in 2018 die Nasionale Spanredenaars kompetisie in Pretoria gewen. Een van die 4 spanlede is in GR 8 na ‘n ander skool en moes hul ‘n plaasvervanger kry. Gratia Pauw was die perfekte keuse en het ‘n lekker dinamika na die groep gebring. Hulle het tydens “Lockdown” hul toespraak via ZOOM geoefen en ‘n opname is gemaak vir beoordeling. Die span het ‘n A vir die toespraak behaal.
Baie geluk!
Become a Sponsor









