)

Dylan Keyser: Hoërskool Jan van Riebeeck is beslis die beste skool

Hoërskool Jan van Riebeeck is beslis  die beste skool vir ‘n leerder wat graag gebalanseerd wil wees en ‘n besonderse hoërskool-ervaring wil hê!

Jan van Riebeeck se ligging onderskei ons reeds van die meeste skole. Ons Jannies is elke dag bevoorreg om aan die voet van Tafelberg te wees en om van die mooiste velde te hê! Ons skool is in die lewendige Kloofstraat en daar is meer as genoeg koffiewinkels om jou deur jou hoërskool-loopbaan te help.

Almal soek na balans en dit is wat Hoërskool Jan van Riebeeck aan alle leerders bied. Ons bied verskeie aktiwiteite aan en ons presteer op sport, kultuur en die belangrikste natuurlik, op akademiese vlak.

By JvR kan elke leerder uitstaan as hulle die geleenthede aangryp wat JvR aanbied!

In ons skool se gange is daar ‘n oorheersende gevoel van omgee en opwinding. Ons leef volgens die matriekraad se leuse : L.E.G.O : Liefde, Entoesiasme, Goedhartigheid en Omgee.

By JvR is almal welkom! Ons is divers en almal word bemagtig om tot die beste weergawe van hulself te ontwikkel. Ons leef beslis ons leuse: ‘ Wees Uself’ elke dag uit.

Hoërskool Jan van Riebeeck het ‘n kardinale rol gespeel in my lewe en vir my is dit ‘n besonderse voorreg om eendag myself ‘n voormalige Jan van Riebeecker te kan noem.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    One thought on “Dylan Keyser: Hoërskool Jan van Riebeeck is beslis die beste skool

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal