Op ‘n mens se lewenspad kom jy dikwels te staan voor vele keuses. Soms is die keuse voor die hand liggend, maar in ander gevalle is dit ‘n keuse wat jou pad vorentoe in ‘n totale ander rigting kan stuur. So ook is die keuse wat uit geoefen word wanneer dit kom by die uitsoek, oorweeg en uitkies van ‘n geskikte Hoёrskool. Jou uiteindelike keuse moet immers jou tienerwees, menswees, Christen-wees, en gereed-wees vir die volwasse studierigting/werksrigting, soos ‘n handskoen pas.
Graag wil ek met hierdie skrywe van die geleentheid gebruik maak om saam met jou die ander handskoen aan te trek, jou hand te vat, dit ‘n stywe handdruk te gee en vas te hou. Hiermee wil ek jou verseker dat jy as geliefde gr. 7 leerder wat nog ’n keuse moet maak vir ’n Hoërskool, nie alleen sal stap nie! Daarom wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om jou ‘’n paar dinge te vertel van Leeuwenhof Hoërskool, wat jy dalk nie eers geweet het nie …
- By Leeuwenhof gaan jy jou Christelike waardes volstoom kan uitleef met skriflesing en gebed, CSV een keer per week en ‘n CSV kamp een keer per jaar.
- Hier kan jy die beste van beide wêrelde beleef deur te kies of jy in Afrikaans of in Engels wil skool gaan.
- Het jy geweet dat Leeuwenhof Hoërskool die aller COOLSTE Hoof het wat kinders elkeen persoonlik by die naam ken?
- Leeuwenhof Hoërskool personeel tot laatnag langs ’n kind se hospitaalbed sit, as hy/sy seergekry of siek in die hospitaal is?
- Die Hoërskool klas getalle begin by 24, maar wanneer jy in Graad 10 kom met keusevakke, afhangende van die vakke wat jy kies, daar tot en met 6 of 8 kinders in ’n klas is?
- Jy by die Hoërskool op ’n tablet/skootrekenaar van jou keuse gaan werk?
- Wanneer jy siek is, kan jy op ons ‘aanlyn platform TEAMS’ al jou werk gaan aflaai, na lesse gaan kyk, en sodoende seker maak jy raak nie agter met jou akademie nie.
Wel, die tyd stap aan en beplanning is van kardinale belang. Kies nou reg vir die volgende 5 jaar, en die 40 jaar daarna, sal vanselfsprekend wees.
Become a Sponsor









