)

Tiaan Erasmus vertel waarom Hoërskool Adamantia sy gunsteling skool is

Ek was nie van die begin van Graad 8 in Adamantia nie, maar eers omtrent in die middel van daardie jaar oorgeskuif van my vorige skool na Addies toe.

Dit was die beste keuse van my lewe! Hier in Addieland het ek geleer dat n mens hard werk vir dit wat jy in die lewe wil hê, en net jy kan die besluit maak wat jy met jou lewe gaan doen.

En hier in ons skool het jy al die hulpbronne tot jou beskikking om jou drome waar te maak. Adamantia bied jou nie net n gebalanseerde skool met goeie Christelike waardes nie, maar bied ook vir jou as individu die geleentheid om te groei.

Hier by ons is dit nie net alles werk nie, maar ook vet pret! Alles, van sport tot kultuur, bied iets vir almal. As jy n praat stem het, kan jy by die skool se radiostasie aansluit en as jy goed kan hardloop kan jy landloop doen en in die jaarlikse kaskar kompetisies deelneem, wat vet pret is. Kultuur soos noodhulp, skaak en drama asook  sportsoorte soos rugby, krieket en netbal bied aan ons leerders die geleentheid om hulle ware passies uit te leef in ‘n veilige en goeie omgewing.

In Addieland kan jy as individu groei en ontwikkel tot die beste van jou vermoë en jy sal nie ‘n dag spyt wees as jy die Addie-nes as jou nuwe tuiste kies nie.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal