)

HOËRSKOOL NELSPRUIT: VERWELKOMINGSBOODSKAP AAN MATRIEKS NA GRENDELTYD

Hoërskool Nelspruit se matrieks is hartlik terug verwelkom by die skool na die grendeltyd. Milda van Dyk (Dux) het hierdie boodskap met die Klas van 2020 gedeel:

“Meeste van ons kan na hierdie 2 maande of ‘n topklas piesangbrood bak, of ‘n eier in rekordtyd sluk of ‘n gimnasium bou wat vir niks skrik nie of jy het besef jy is eintlik ‘n gebore drawwer en sommiges gaan nog besef dat dit ‘n fout was om nie op Google Classroom in te teken nie.

Maar afgesien van al die nuut ontwikkelde talente wil ek jou fokus rig op die cliché – die hier en die nou. Vir ons as matrieks is ‘n bitter spesiale tydperk kortgeknip maar tog is daar niks (behalwe vir ‘n masker en ‘n aftand van 1.5m) wat ons keer om die laaste ruk as matriekgroep ten volle aan te pak en te geniet nie. Vir ‘n maand is dit net ons op die skoolterrein en glo my as ek sê dat al die jonger grade veral ons gr8’s ons dophou en opkyk na ons om te sien hoe hierdie matriekgroep gaan opstaan en vorentoe beur.

Dus is dit belangrik om alles wat jy van nou af doen versigtig, deurdag en tot die beste van jou vermoë te doen. As daar een ding is wat ons kon aanleer in hiedie tyd is dit selfdissipline. En dit gaan baie handig te pas kom vir die res van die jaar. Hou by die reëls, let op die “social distancing”, was jou hande. Weet dat jy ‘n kopskuif sal moet maak om kop neer te sit vir die laaste deel van die jaar. Weet dat van die beste oomblikke van hierdie jaar nog vir jou voorlê. En weet veral dat daar verskeie mense op hierdie terrein is wat bereid is om jou te help as jy voel jy word oorweldig.

As al jou gedagtes op hol is oor jou gesondheid en veiligeid of oor jou akademie en planne vir volgende jaar of oor onsekerheid vir wat mag voorlê, wil ek jou troos met Psalm 16: 11

“U LEER MY HOE OM TE LEWE, BY U IS DAAR OORVLOEDIGE BLYDSKAP. UIT U HAND KOM NET WAT MOOI IS.”

Ek sluit af met woorde uit die fliek – FOOTLOOSE

“and this is our time. Our time to celebrate life. That’s the way it was in the beginning, the way it’s always been and the way it should be now.”

Pas julleself op Matrieks.”  – Milda van Dyk (Dux 2019/2020)

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal