(Foto verskaf)
Bergh Vorster van Laerskool Vryburg, het vir die tweede agtereenvolgende jaar gekwalifiseer vir Hoogspring. Hy spring tans 1.35m hoog en is ook die skool se rekordhouer vir beide 0/10 en 0/11 Hoogspring.
Keelan Titus is gekies vir 70m Hekkies. Hy moet oor ‘n afstand van 70m bo-oor 8 hekkies hardloop. Dit neem hierdie jong atleet net-net oor die 11s om die taak te voltooi.
Duncan Ward het gekwalifiseer vir 100m. Wat hierdie prestasie nog meer spesiaal maak, is dat hy dit kaalvoet gedoen het. Hy is blitsvinnig!
Junemi Terblanche  het vir die eerste keer hierdie jaar aan Verspring en Hoogspring deelgeneem en vir albei items gekwalifiseer. Sy spring 4.34m ver. Die skool oorweeg dit om hul verspring-put langer te maak sodat sy darem op sagte grond kan land!
Sterkte, julle vier!