)

DIE TOKKIES GROET HULLE GELIEFDE ADJUNKHOOF: PIET DREYER

Mnr. Piet Dreyer het 39 jaar van sy volwasse lewe gewy aan die onderwys en opvoeding van kinders. Gedurende die tyd was hy onder andere verbonde aan Laerskool Baillie Park, Laerskool Stilfontein die Potchefstroomse Onderwyskollege en die laaste 15 jaar by Laerskool Mooirivier as adjunkhoof.

Hy was jare lank betrokke as skoolverteenwoordiger en provinsiale bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie. Gedurende die jare het hy hom beywer vir beter salarisse, beter kurrikulums en hoër onderwysstandaarde. Hy was as vakbondlid betrokke tydens die keuringsproses vir tientalle vakante onderwysposte.

Mnr. Dreyer is ? man wat glo die môrestond het goud in die mond. Hy woel van vroegdag af met die kenmerkende vinnige stappie. Hy is nie bang om self die moue op te rol en die harde fisiese werk te doen nie. Hy is ook ? besondere handige man.

Hy’s ? Boer met ? plan en hy voer dit dan sommer ook blitssnel uit! Van vleisbewerking, besproeiing, stukkende grassnyers, kantsnyers, riolering en veral die opspoor van lekkende waterpype kan niemand hom iets leer nie.
Streng en ferm het mnr. Dreyer die Tokkies in die Natuurwetenskapklas geleer van die anatomie van die blom, die duif en dan natuurlik die opwindende periodieke tabel.

Hy is ? man wat baie trots is op sy twee kinders. Hy staan hulle graag vakansietye by op die Karooplaas of in die veeartspraktyk. Hy’s lief vir die plaaslewe en is op sy gelukkigste in die jagveld en om die kampvuur.

Mnr. Dreyer, ons wens vir u en Marita, God se seën en vrede toe vir die nuwe lewensfase wat julle nou gaan betree.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal