Die algemene kennisspan van Laerskool Mooirivier in Potchefstroom, het op 20 September 2017 aan die Super 12-kompetisie in Rustenburg deelgeneem. Die skoolspan het vir die derde agtereenvolgende jaar daarin geslaag om as wenners uit die stryd te tree.
Elsabe Potgieter is ook aangewys as die tweede beste flinkdinker tydens die kompetisie.
Foto heel bo: Pieter du Plessis (afrigter), Elsabé Potgieter, Danielle Meyer, Hannia Kempen, Sheny Nolte en mnr. Ruben Jacobs (hoof).
Foto links:Â Pieter du Plessis (afrigter), Sheny Nolte, Danielle Meyer, Hannia Kempen, Elsabe Potgieter en mnr. Ruben Jacobs (hoof).