)

Hoërskool Upington: uit die hoof se pen.

1 Mei 2020

Brief aan ouers

Inligtingsbrief Covid -19

Geagte ouers, leerders en personeel van Hoërskool Upington

Hoop dit gaan goed met u op dag 1 van vlak 4 inperking.

Ons het almal gisteraand geluister na die Minister van Basiese Onderwys se toespraak waarin sy gepraat het oor ‘n VOORLOPIGE PLAN van aksie oor die heropening van skole.

Hoërskool Upington se seniorbestuurspan het d.m.v. ‘n zoom vergadering die VOORLOPIGE PLAN BESPREEK en ons gee graag die volgende aan u deur.

 Ons besef weereens dat daar baie uitdagings op verskeie terreine is.

 Uppies is “oop” en ons funksioneer baie goed. (Sien later bestuursplan)

 Week 4 – 8 Mei skoolhoofde behoort inligting te ontvang van departement:
 Interne skoolplan:
– Informele assessering moet plaasvind.
– Koördinering van werk gedoen tot op datum.
– “Boekkontrole” deur graadhoofde.

 11 Mei
– Seniorbestuurspan amptelik by skool. Vakhoofde asook senior onderwysers kan betrek word.

 18 Mei
– Alle onderwysers by die skool. Die protokol vir “opening” en vergadering sal aan u gekommunikeer word.

 1 Junie 2020
– Alle graad 12 leerders meld aan by die skool. Die aksieplan sal volledig en betyds aan leerders en ouers deurgegee word.

 Net ter inligting aan alle rolspelers:
– Die seniorbestuurspan kyk na die volgende:

– COVID-19 Veiligheidsmaatreëls op die skoolterrein.
– Kommunikasie kanale met ouers en leerders.
– E-leer gr 8 – 11 (Lesse geleer, uitdagings, pad vorentoe, 11 Mei
– Opleiding van personeel (akademies en tegnies)
– Gesondheid en higiëniese opleiding
– Akademiese herstelplan gr 12 – 8
– Moontlike strategieë met die 2de uitbreek van Covid-19 (skoolpraktyk vir Covid – 19)
– Gebeurlikheidsplan vir koshuisleerders.

Uppie-onderwysers droom saam met die 640 leerders dat die Uppie bootjie rustiger sal vaar vanaf 1 Junie. Sou daar egter groter golwe kom, of ander uitdagings waarvan ons nie bewus is nie, sal ons ALLES in ons vermoë doen om die Uppie boot op koers te hou.
Ons sal weekliks met u kommunikeer om aksieplanne volledig deur te gee.

Sodra ons amptelik datums ontvang – deel ons dit onmiddellik met u.

Bly gesond!!!

Mnr. Riaan Kotzé
SKOOLHOOF

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal