Esther Hadassah Temm (Afrikaans Addisionele Taal gr. 4 – 5), Kara van Niekerk (Afrikaans Huistaal gr. 1 – 3) en Simsamkele Cekiso (Afrikaans Addisionele Taal gr. 6 – 7) van die Laerskool Staats in Kimberley, gaan op 1 Augustus aan die ATKV-landsfinaal by Goudini deelneem.
Hulle het onderskeidelik eerste in die Noord-Kaap gekom in hul betrokke ouderdomsgroepe.
Vlnr: Esther Hadassah Temm, Kara van Niekerk, Simsamkele Cekiso en Me Duif Brand (afrigter).