)

Hoërskool Upington Atletiek kook

Uppies se atletiek het vanjaar op ‘n prettige toon begin. ‘n Heerlike middag-byeenkoms is gehou waar elke atleet 5 items moes doen om aan die aand se waatlemoenfees deel te neem. Almal het hul bes gedoen en na die byeenkoms het hul van hul laaste bietjie energie ontslae geraak deur aan die waatlemoenfees deel te neem.

Daarna is die atlete na Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Sentraal se byeenkomste. Hier het dit elke keer baie goed gegaan en van ons junior atlete het begin wys dat hul ons krag vir die toekoms gaan wees.

Tydens die jaarlikse Twinning byeenkoms, ‘n byeenkoms tussen ons streek, Namakwaland en Keetmanshoop, het 5 atllete deelgeneem. Khaynikosi Klaasten kry goud vir die 400m en 800m, Macneil Hendricks kry goud vir verspring, Vivi Mbeza kry brons vir die 100m, Benno Wayde Friedberg kry brons vir hekkies en J.J. Snyders kry goud vir die aflos, 100m, 110m hekkies en, nadat hy sy been beseer, ‘n brons vir die 200m!

J.J. Snyders het ook die Victor Ludorum trofee vir die byeenkoms gekry.

Al die bogenoemde atlete, asook Jaco Fourie en Kate Nugent is gekies vir die Noord-Kaapspan wat 2 Maart aan die Provinsiale byeenkoms gaan deelneem.

Foto bo: JJ Snyders

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal