)

Uppies 0/15 krieket weereens kampioene

Op Dinsdag, 5 Februarie, het die krieket liga-finaal plaasgevind tussen Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld op Duineveld se tuisveld. Velties het die loot gewen en Uppies eerste ingestuur om te gaan kolf. Uppies het behoorlik die kolf ingelê en ‘n allemintige 186 lopies verkry in hul toegelate 25 beurte.

Kolwers wat uitgestaan het was Beno-Wayne Friedberg met 49 lopies en Ricky Slabbert met 57 lopies nie uit nie.

Daarna het Velties die groot taak aangepak om te gaan kolf. Uppies se boulers het onverbete geveg, beurt na beurt en boul Velties almal uit vir ‘n totaal van 147 lopies.

Boulers wat uitgestaan het is Jano Malan met 2 paaltjies en Ricky Slabbert met 5 paaltjies vir die minimale verlies van 18 lopies. Ricky het ook ‘n 3-kuns behaal, wat ‘n besonderse prestasie is.

Uppies wen dus die finaal met 38 lopies en word gekroon as liga-wenners. Díe jong manne het waarlik gewys dat die kriekettalent in Uppies kerngesond is en dat die Uppie veggees nêrens anders te vinde is nie. Hul is ‘n krag om mee rekening te hou in die toekoms.

Foto bo: Voor vlnr: Ruwin Isaacs, Janko Bothma, Jaco Fourie, Herschell Coetzee, Sheldon Cloete.

Agter vlnr: Mnr SD Botes, Rique Slabbert, Beno-Wayne Friedberg, Hercules Hudson, Murray Louw, PA Karsten, Siphe Msebenzi, Jano Malan en Mnr Rohan Erasmus.

 

Rique Slabbert en Beno-Wayne Friedberg
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal