)

Uppies Senior Krieket sterk op dreef

Hoƫrskool Upington se senior krieketspan is sover bo aan die leer in die T20 liga. Hul harde werk, tyd en oefening werp vrugte af deurdat hul nog net een van die sewe wedstryde die seisoen verloor het.

Uppies het afgereken met Groblershoop en wen Upington Dorp op dieselfde dag met 5 paaltjies. Keimoes en Kakamas het ook deurgeloop. Keimoes word met 52 lopies geklop waar Theuns Kotze 51 lopies aangeteken het van 23 balle.

Johannes du Plessis neem 3 paaltjies en staan slegs 9 lopies af.

Kakamas word gewen met 248 lopies. Uppies teken ā€˜n rekordtotaal van 313 lopies in hul toegelate 20 beurte aan. Daylon Beukes teken 112, Johannes du Plessis 124 en Franco Swart 44 lopies aan. Johannes du Plessis neem ook 5 paaltjies tydens die wedstryd.

Dragons was volgende aan die beurt. Uppies slaan 172 lopies en hier is Theuns Kotze die span se troefkaart. Theuns slaan 96 lopies van slegs 35 balle. Tien sesse en 4 viere vorm deel van die telling.

ā€˜n ReĆ«nerige dag het die laaste wedstryde amper in die wiele gery, maar almal is dankbaar vir die reĆ«n. Na ā€˜n groot gesukkel is die veld voorberei om dit speelbaar te maak en noodgedwonge moes die wedstryd verkort word om in tyd klaar te maak. Kenhardt word ingestuur en hul teken 73 lopies aan.

Vincent Lombard kolf goed tot op 33 voordat hy skoon geboul word. Uppies kry die lopies gemaklik en wen met 8 paaltjies. Die omstandighede vir die laaste wedstryd was nie ideaal nie, maar darem droog. Upington Lions Kolf eerste en teken 133 lopies aan. Nielbert Kitching en Chris Voges was die beste kolwers met 45 en 43 onderskeidelik.

Uppies gaan in en veg verbete terug. Johannes du Plessis teken 35 lopies aan en dit lyk of alles volgens plan gaan verloop. Hy word uitgevang op die grens. Daarna droog die lopies op en paaltjies kantel. Theuns Kotze kom in en teken 56 lopies aan, maar die paaltjies val om hom.

Na ā€˜n goeie teenaanval moes Uppies die knie buig voor Upington Lions en verloor die wedstryd met 9 lopies. Nog net 3 wedstryde bly oor in die uitspeel rondtes wat die top 4 gaan bepaal om die semi-finaal en finaal te speel.

Voor vlnr: Franco Swart, Johannes du Plessis en Theuns Kotze

Agter vlnr: Auston Williams, Daylon Beukes, Rohan Erasmus, Hein Stach, Sd Botes, Brend Mulder, Ferdi Richter en Geo Engelbrecht.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal