Jolize Swanepoel, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Upington, is op pad na die nasionale ronde van die ATKV Redenaarskompetisie. Sy het saam met twee ander Hoërskool Upington-leerders aan die semi-finale ronde van die ATKV Redenaarskompetisie te Kimberley deelgeneem die eerste naweek in Junie.
Jolize het aan die Junior Voorbereide kategorie deelgeneem. Slegs een leerder uit elke provinsie gaan deur na die nasionale kompetisie. Jana Nel verower ‘n tweede plek in haar afdeling, Junior Onvoorbereid, en sal moet regstaan om deel te neem indien die wenner onttrek.
Die nasionale ronde vind in Augustus plaas.